Ons Gesin
Tuisblad
Kommunikasie
Nuusbrokkies
Geskiedenis
Foto's

Hoofstuk 3.

My Pa - Johan Barend Cloete van Gass


My_pa_in_WorcesterJan George se tweede oudste seun, Johan Barend Cloete was my pa.  Hy is op 25 Mei 1883 gebore. Hy het as jong seun voor die Anglo-Boereoorlog in die Poskantoor gewerk. Sy ouers het hom egter na Wellington in die Boland gestuur vir sy horskool opleiding.  Hy het daar onder die baie bekende onderwysman Marthinus Jacobus Stucki van die skool by Blouvlei studeer. Mnr Stucki het later jare n ere M.Ed graad van Universiteit van Stellenbosch ontvang vir sy besondere bydrae tot die onderwys en die opleiding van die jeug van sy tyd. In 1910 het my pa saam met die eerste groep studente aan die Normaal Onderwys Kollege in Johannesburg begin studeer en hom daar as onderwyser gekwalifiseer.

Ek weet dat hy noord van die Soutpansberg by n plaasskool skoolgehou het.  Ek weet  ook dat hy tydens die Groot Griep van 1919 in Dealesville skoolgehou het. Die Groot Griep was n wreld wye griep epidemie waarin meer mense dood is as soldate in die Eerste Wreld oorlog van 1914 tot 1818.  Die griep is veroorsaak deur n virus soortgelyk as die wat volgriep veroorsaak het.  Die skool waar hy skool gehou het is gesluit en omskep in n hospitaal.  Hy het gehelp om die siekes te versorg maar het gelukkig nie die virus opgedoen nie en het dus nie siek geword nie.

Hier om en by 1920 het hy n beurs gekry om in Amerika te gaan studeer en om n studie reis in Europa te onderneem.  Hy het by die Universiteit Cornell in New York en ook by die Universiteit Columbia in Ithaca studeer.  Ithaca is n plek in die staat New York en is gele noord van die stad New York.  Terwyl hy by Cornell studeer het hy ook deeltyds gewerk.

Terwyl hy in New York gewerk het was hy in n ernstige ongeluk betrokke.  Die gebou waarin hy gewerk het se passasiershysbak was stukkend en moes die mense die goedere hysbak gebruik.  My Pa het gestaan en wag vir die hysbak maar dit het nie opgedaag nie.  Hy was haastig want hy was laat vir klas want hy by die universiteit moes gaan bywoon.  Hy het vermoet dat mense besig was om goedere op die grondvloer op te laai. hy besluit toe om boor die traliewerk hek voor die opening te kyk om te sien wat aan gaan. net toe hy oorkyk kom die hysbak van bo af en tref hom op sy kop.  Sy kopvel was gedeeltelik van sy skedel afgeruk; sy kakebeen was gebreek en een van sy tande het by sy neus uit gekom.  Hy was n lang ruk in die hospitaal en die dokters was verbaas dat sy skedel nie gebreek was nie.  Een van die dokters het vir my pa ges  dat as al die Boere in Transvaal se koppe so hard was as my pa sn, kan hy verstaan hoekom hulle die Engelse so n moeilike tyd gegee het gedurende die Anglo-Boere oorlog.  Boere was die naam wat na die mense van die twee voormalige republieke, Transvaal of Zuid- Afrikaanse Republiek en die Republiek van die Oranje Vrystaat, gegee is.  Mense in ander dele van die wreld het in daardie tyd n groot bewondering vir die Boere gehad wat so dapper teen die magtige British Empire vir hulle vryheid geveg het.  Hulle was ast ware die eerste vryheidsvegters in Afrika wat teen die oorheersing van n groot koloniale moondheid geveg het.

In die tyd wat hy in Amerika studeer het hy met baie ander studente vriende gemaak. Hy het veral mense van ander lande as net Amerikaners opgesoek  Hy was by voorbeeld bevriend met een van die seuns van die koning van Siam.  Siam is die hedendaagse Mjanmar.  Een van sy Amerikaanse vriende was n skatryk miljoenr.  (In daardie tyd

was miljoen dollar nog vreeslik baie geld, vandag sou ons hom seker n Biljoenr genoem het.)  Hy het my pa genooi om vakansies by hulle vakansiehuis langs een vandie groot mere deur te bring.

Een van die vakke wat hy geneem het was Huishoudkunde (Domestic Science) Aan die einde van die jaar het hulle n ring aan hom toegeken as die beste student van die jaar.  My pa het altyd ges hy dink hulle het dit net aan hom gegee omdat hy die enigste man in die klas was.

Na sy studie in Amerika is hy na Berlyn in Duitsland.  Hy het tuisgegaan by n Duitse familie.  Die man in die huis was Hauptmann Buchart ( Ek dink Hauptmann is dieselfde as ons militre rang Kaptein). Hy het in Duitsland n studie gemaak van onderwys metodes wat die Duitsers in vak skole, wat opleiding in bepaalde ambagte gegee het, onderneem.

Hy was ook in die winter in Duitsland en hy en twee vriende het n ski tog tussen van die kleiner dorpies in die Riesengebirgte onderneem.  Tussen twee van die dorpies het hulle verdwaal en vir n plaaslike man die rigting na die volgende dorpie gevra.  Die drie vriende het vir hom ges dat hulle Boere uit Suid-Afrika was.  Hy was vreeslik opgewonde om van hierdie wonderlike Boere te ontmoet en het hom vooruit gehaas om vir die mense van die dorpie te gaan vertel dat regte Boere hulle dorpie kom besoek.  By die tyd wat hulle by die dorpie se stadsaal uitgekom het was die burgemeester daar om hulle amptelik welkom te heet.  Dit was in die tyd toe daar nog groot bewondering vir burgers van die twee ou republieke in Suid-Afrika was.

Die Riesengebirgte is in n streek wat bekend gestaan het as Sudetenland. Tans is hierdie gebied hoofsaaklik in Tsjeggi met ook n deel in Pole.  Voor die Eerste Wreldoorlog was dit deel van Oostenryk-Hongaarse Ryk  van die Habsburgs  Na die oorlog met die opbreek van Habsburg dinastie is die gebied aan Tsjeggo-Slowakye   toegeken ten spyte daarvan dat 95% van die inwoners van die gebied Duitssprekend was.  In 1937 het Hitler met die toestemming van Engeland en Frankryk die gebied geannekseer en by Duitsland ingelyf want het hy geredeneer dit was hoofsaaklik Duitsers wat daar gewoon het.  Na die Tweede Wreldoorlog is die Duitse bevolking op groot skaal deur Tsjeggiese  

partisane uitgemoor en die res is uit die gebied verdryf.  Dit word beskryf as n erge geval van volksmoord of ethnic cleansing.  Die gebied is weer aan Tsjeggo-Slowakye toeges met n gedeelte aan Pole.  Met die verdeling van die land tussen Tjeggi en Slowakye het die gebied deel van Tjeggi gebly. 

Na sy buitelandse studie tydperk het hy na Suid-Afrika terug gekom en het hy die Hoof van die Ambagskool in Bloemfontein geword.  Vandag word die skool die Hor Tegniese Skool Louis Botha genoem. Hy was hoof van n hele paar Ambagskole en het in 1943 afgetree as hoof van die Drosdy Ambagskool wat nou die Drostdy Hoёr Tegniese Skool in Worcester is. In al die dorpe waar hy hoof van die skole was het hy en my ma aktief aan die gemeenskaplewe van die dorpe deelgeneem. Hy het ook n besonderse belangstelling in sport en veral rugby gehad, By die skool op Worcester was daar omtrent vyf of ses rugby spanne want my pa het geglo dat al die seuns die geleentheid moet kry om rugby te speel al kan hulle nie die eerste span haal nie. Hy het ook op die bestuur van Worcester se Rugby Klub gedien.
 

Hy is omtrent in 1923 in Potchefstroom in die Gereformeerde Kerk getroud met Maria Elizabeth Kruger en hulle het n seun (dit is nou ek) en n dogter (Alma Kruger van Gass) gehad.



Hoofstuk 4.

My Ma se Kant van die Familie

en die Geskiedenis van Britse Imperialisme

 

 My oupa aan my ma se kant van die familie was Jakob Petrus Kruger.  Hy is op 21 September 1851 gebore en is oorlede op 18 Januarie 1919.  Hy was getroud met Lavina Catarina Hendrina Kruger (gebore Pretorius).  Sy is op 25 Junie 1853 gebore en op 6 Januarie 1928 oorlede.  Ek het dus nooit enige van my oupas of oumas geken nie want die Kruger oupa en ouma was reeds oorlede toe ek gebore is.  Ek was ook te jonk om iets van die van Gass oupa en ouma te weet toe hulle oorlede is. 

 Hulle het nege kinders gehad.  Hulle het voor die Anglo-Boereoorlog van die plaas Eselshoek in die distrik Venterstad in die Kaap Kolonie na die ou Zuid Afrikaanse Republiek (Transvaal) verhuis.  Die Anglo- Boereoorlog word ook die Tweede Vryheidsoorlog genoem. 

 Nadat diamante in Suid-Afrika ontdek is en veral nadat goud ontdek is het Brittanje op dikwels redelike slinkse maniere gebiede by die Britse Ryk ingelyf.  So byvoorbeeld is al die diamant draende gebiede in die omgewing van Kimberley tussen die Vaal rivier en die Oranje rivier wat ooglopend deel van die Oranje Vrystaat was, in 1871 by die Britse Ryk ingesluit kwansuis om die belange van die Griekwas te beskerm.  In 1877 het Brittanje ook die gebied van die Zuid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) geannekseer.  Aanvanklik was daar nie veel weerstand van Boere-kant nie maar later is daar deur middel van verskeie Deputasies na die Britse Regering in London gepoog om die vryheid van Transvaal op vreedsame wyse te herstel.  Toe dit duidelik word dat Brittanje geensins wou instem nie is daar in 1880 n Volksvergadering by Paardekraal in wat vandag Krugersdorp is, bymekaar geroep.  Hier is besluit dat Transvaal weer onafhanklik moet wees.  Elke burger moes n klip op n klipstapel sit en die klipstapel moes dan dien as teken van die verbond wat hulle, in die naam van God, met mekaar aangegaan het om die onafhanklikheid van Transvaal selfs tot die Dood te verdedig.  Daar is later jare n monument bo-oor die klipstapel gebou wat vandag nog in Krugersdorp bestaan.  Hierdie besluit het uitgeloop op die Eerste Vryheidsoorlog van Transvaal.  In hierdie oorlog het die Boere magte groot sukses behaal en het die Britse magte in verskeie veldslae veral in Natal swaar verliese toegedien.  Die bekendste van hierdie veldslae was by Majuba in Natal waar die Boeremagte n roemryke oorwinning oor die Britse magte behaal het.  

 In hierdie oorlog het die Transvalers hulle doel bereik en het hulle met die ondertekening van die Konvensie van London, op Majubadag, 27 Februarie 1884, hulle onafhanklikheid teruggekry.

 Die Anglo-Boere oorlog tussen die twee Afrikaner republieke van die Oranje Vrystaat en Transvaal aan die een kant en die Britse Ryk aan die anderkant, was ook die gevolg van Britse Imperialisme. Na die ontdekking van goud op die Witwatersrand het daar baie mense van die buiteland na die dorp Johannesburg in die Zuid Afrikaanse Republiek gestroom.  Almal het geglo dat hulle kan deel in die nuut gevonde rykdom van die gebied.

 Cecil John Rhodes was op daardie stadium Eerste Minister van die Kaap Kolonie en was beskou as een van die rykste mense in Suid-Afrika.  Hy het uitgebreide belange in diamant myne by Kimberley en goud myne op die Witwatersrand gehad. Rhodes het met n vriend van hom, Leander Starr Jameson saamgesweer om n opstand onder die buitelanders, wat deur die Transvalers uitlanders genoem is, op die goudvelde van die Witwatersrand te bewerkstellig. Hulle het beweer dat die uitlanders sleg behandel word en dat die Transvaalse regering nie aan hulle stemreg wou gee nie. Cecil Rhodes sou dan ingryp met n militre mag onder leiding van Jameson om sogenaamd orde te herstel maar eintlik om die gebied vir n deel van die Britse Ryk te maak.  In 1894 was daar ongeveer 150 000 burgers wat stemreg gehad het terwyl daar ongeveer 75 000 uitlanders was.  Paul Kruger wat toe presedent van die Transvaalse Republiek was bevrees dat as daar stemreg aan die uitlanders gegee word kan hulle naderhand die meerderheid vorm en die regering oorneem. Die opstand waarop Rhodes gehoop het nooit plaasgevind nie want die uitlanders het nie gevoel dat hulle so sleg behandel word nie.  Rhodes het toe met die medewete van die Britse Minister van Kolonies, besluit dat Jameson in elk geval met n groep soldate Transvaal moet binne val en die regering van President Kruger met geweld oor te neem.  Dit is toe gedoen maar dit was n groot mislukking want hulle is deur n Boere Kommando onder leiding van Generaal Piet Cronje verslaan.

 Alhoewel Rhodes bedank het as Eerste Minister van die Regering van die Kaap Kolonie na die Jameson fiasko was die Britte nog vasbeslote om die gebied van Transvaal by die Britse Ryk in te sluit.  Hulle het toe troepe na die grense tussen die Kaap Kolonie en Transvaal en tussen Natal en Transvaal gestuur.  Dit was duidelik dat hulle gereed gemaak het vir oorlog.  Die Britse regering het ook reeds op 22 September 1899 n ultimatum voorberei met voorwaardes wat hulle geweet het die Transvaalse regering nooit sou kon aanvaar nie.  Hulle het egter nie die ultimatum dadelik aan Transvaal oorhandig nie want hulle was nog nie reg vir die oorlog nie.  Brittanje het intussen troepe van ander dele van die Britse Ryk na Suid-Afrika gestuur.

 Paul Kruger, wat toe President was van Transvaal, het nie geweet van die Britse ultimatum nie.  Die Transvaalse Regering het op 9 Oktober n ultimatum aan die Britse regering gesuur waarin hulle eis dat die soldate op die grense onttrek moes word.  Verder ook dat daar nie verdere troepe na Suid-Afrika gestuur moes word nie.  Die Engelse het die ultimatum op 11 Oktober 1899  verwerp en was dus van daardie dag af in n staat van oorlog met Transvaal.  Die Oranje Vrystaat, waar M.T. Steyn die President was, het n verdrag met Transvaal gehad dat as enige van die twee state aangeval word sal die ander staat hom kom help.  Die Oranje Vrystaat het hom dus aan die kant van Transvaal geskaar teen die Britse aggressie. Terloops President Paul Kruger is n verlangse familie lid van ons.  Hy was n agter-kleinneef van my ouma Kruger.

 Die geveg magte van die Transvaal en die Vrystaat is die Boere-magte genoem en die Boere het die Britse soldate Tommies of Kakies genoem.  Die Boere het nie oor n voltydse professionele ler beskik nie.  Al wat hulle gehad het was n klein artillerie eenheid. Wat hulle wel gehad het was n goed ontwikkelde Kommando-stelsel.  Die kommando-stelsel het reeds van die dae voor die Groot Trek, in die Oos-Kaap bestaan.  Dit was die stelsel waar die regering enige burger kon oproep om diensplig te doen.  Uit die burgers is dan bevelvoerders aangewys.  Dit het goed gewerk want elke burger het sy eie geweer en perd gehad. Hulle kon dus op kort kennisgewing opgeroep word.

  Aan die begin van die oorlog het Die Boere magte redelike sukses behaal. Daar was enkele roemryke veldslae soos by Magersfontein, Colenso en Spioenkop waar die Boere magte groot sukses behaal het en die Britte swaar verliese gely het. Aan Boere kant was daar n paar generaals wat uitgeblink het soos Generaal Louis Botha, Generaal Koos de la Rey en Christiaan de Wet.  Die Boere het egter die fout gemaak om n gedeelte van hulle mag te gebruik om plekke soos Kimberley, Mafeking en Ladysmith te omsingel en te beler.  Baie geskiedkundiges beskou dit as n futiele oefening want hulle het nooit die dorpe ingeneem nie en dit het baie van hulle magte van ander fronte af weggehou.

 Soos al meer Britse soldate na Suid-Afrika gekom het, het die Britte geleidelik die oormag begin kry.  Mettertyd het die Britse magte Bloemfontein ingeneem en toe hulle in Junie 1900 ook vir Pretoria ingeneem het was daar baie van die Boere wat wou opgee en huis toe gaan.  Die Britse Generaal Roberts het gedink die oorlog is verby en het die twee republieke tot Britse kolonies verklaar. Hy het nie op daardie stadium besef dat die oorlog nog amper twee jaar sou duur nie.  Die Britte het dwars deur die oorlog die krygsvernuf van die boere totaal onderskat.  Daar was egter ook mense aan Boere-kant wat nie somer wou opgee nie en wat hulle mense bemoedig het en ges het dat hulle moes aanhou veg. Dit was mense soos President Paul Kruger, Generaal Louis Botha, Generaal Koos de la Rey en Generaal Jan Smuts.  Uit die Vrystaat het hulle ook ondersteuning van President Steyn en Generaal Christiaan de Wet ontvang.

 Die Boeremagte het besluit dat hulle n nuwe krygstaktiek sou volg.  Dit was die sogenaamde guerrilla fase van die oorlog.  Die Boere het nou nie meer in n groot mag teenoor die Britte te staan gekom nie maar het in klein groepe van tussen 50 en 200 man verdeel en het dan die Britse magte op verskeie plekke aangeval en dan weer padgegee.  Hierdie taktiek was baie meer suksesvol as om die Britte met een groot mag aan te val. 

 Terwyl my oupa as deel van die boere magte geveg het, het my ouma saam met van die kinders in Du Toitstraat in Pretoria gebly. Nadat Pretoria deur die Britse magte ingeneem is het hulle nog hier aangebly. Dit was vir hulle maar baie moeilike omstandighede want alles was onder hierdie oorlog omstandighede maar baie skaars. Uit die aard van die saak het hulle ook nie veel geld gehad nie wat dit vir hulle nog moeiliker gemaak het.

 In die tyd het die Kappie Kommando baie goeie werk in Pretoria gedoen. Dit was n groep Boere vroue wat in die geheim spioenasie werk vir die Boere magte gedoen het. Hulle het ook gehelp om van die Boere krygers in en uit Pretoria te smokkel. Van die vroue het ook doelbewus vriende gemaak met van die Engelse offisiere en het op die manier dan inligting bekom soos wanneer en waar ammunisie voorrade vervoer gaan word.  Hierdie inligting is dan aan die Boeremagte deurgegee. Tant Poppie my ma se ouer suster het as jong tiener meisie aktief aan die aktiwiteite deelgeneem. Sy moes soms Boere spioene wat Britse uniforms aangehad het vergesel asof hulle net saam vir n wandeling gaan maar in werklikheid om hulle uit Pretoria uit te smokkel. Johanna Brandt het n boek geskryf oor hierdie aktiwiteite nl. Die Kappie Kommando, of Boerevrouwen in Geheime Dienst. Dit is in 1913 deur J.H. De Bussy in Amsterdam uitgegee.

 My Oupa is op n stadium as krygsgevangene gevang maar omdat hy deur die Britse magte as n rebel van Die Kaap Provinsie beskou is, is hy ter dood veroordeel en sou deur n vuurpeloton tereg gestel word.  Omdat vrede op daardie stadium egter verklaar is, is hy begenadig en nie dood geskiet nie.

 My ouma en die kinders het gehoor dat hy langs n sekere straat langs weggeneem sou word om na n krygsgevangene kamp in die buiteland vervoer te word. Hulle het besluit om langs die straat vir hom te gaan totsiens waai. Hy is in die straat af gemarsjeer tussen vier gewapende soldate en vergesel van n offisier op n perd. Toe hulle naby my ouma en die kinders kom het my ma na my oupa gehardloop en uitgeroep Daars my pappa. Die offisier het sy perd opgeruk reg daar waar my ma gestaan het . Gelukkig was daar n voor langs die straat en kom sy daarin rol en is nie deur die perd platgetrap nie. Die insident was onder andere een van die redes hoekom my ma nooit baie van die Engelse gehou het nie.

 Onder die oorlog omstandighede het my ma nie veel skoolopleiding ontvang nie. Sover ek weet was sy nooit op hoёrskool nie maar sy het wel opleiding as verpleegster

by die Zuidafrikaanse Hospitaal gekry .Hierdie Hospitaal in Muckelneuk in Pretoria bestaan vandag nog. My ma was van die eerste groep wat hulle opleiding daar ontvang het. Ek weet nie hoe lank sy na haar opleiding voltooi is nog by die hospitaal gebly het nie maar ek weet sy het op n stadium haar eie klein hospitaal of kliniek op Belfast, in wat toe in die oostelike deel van Transvaal was, gehad. Al die dokters van die omgewing het hulle pasinte soontoe gestuur. Dit was n groot sukses ook uit n besigheid oogpunt beskou.

 My ma was die een in ons gesin wat n goeie sin vir finansies gehad het. Sy was die een wat besluit het dat hulle twee eiendomme in Potchefstroom moes koop waar hulle sou gaan aftree. Sy het ook saam met my Pa aandele gekoop in opkomende maatskappye soos Rembrandt Tabak Maatskappy en Volkskas Bank. Sommige van hierdie aandele was uiters suksesvol maar daar was ook ander wat nie so suksesvol was nie.

 Ook na hulle troue het my ma by sommige van die skole waar my pa skoolgehou se koshuise as matrone gewerk. Sy het altyd ges sy kon saam met my pa bou aan die gesin se inkomste en was nie maar net n huisvrou nie. By dit was sy egter op sosiale vlak ook baie suksesvol en kon sy my pa as skoolhoof goed bystaan in die gemeenskappe waar hulle gewerk het.

 Sy was besonder kunstig aangel en was allerwe as n baie deftige dame beskou. Sy was altyd baie goed gekleed en het n goeie aanvoeling gehad om smaakvolle kombinasies van klere aan te trek. Een van haar stokperdjies van blomme rangskik het so ontwikkel dat sy later as n baie gesogte blomme rangskikkings beoordelaar oral in die land opgetree het.  

 My ma het n baie aktiewe lewe gelei maar na my pa se dood dink ek was sy soms maar n bietjie eensaam. Sy was egter n diep gelowige mens en dit het haar deur haar later jare in Pretoria gedra Sy is in 1965 aan huis van my suster, Alma,  oorlede aan kanker.

switzerland6
Tuisblad
Kommunikasie
Nuusbrokkies
Geskiedenis
Foto's
Geslagregisters
Stamboom
 
 
Site Map